"Regularity bring intimacy"

February 5, 2019

 

 

 

Regularity = Gereedheid

 

Intimacy = Danigheid

 

Ek het hierdie jaar my eerste vol marathon gehardloop.  Vir 25 weke was dit wat ek gedoen het, ek het voorberei.  My roetine, my sosiale lewe, my gebede, my Google 'searches', my Pinterest 'searches', my gesprekke en my finansies is deur een ding oorskadu, oefen.  Ek was so danig met my oefenprogram, dat dit maklik was om te oefen en te oefen en te oefen.  My doel was so duidelik; niks was vir my 'n opoffering nie (my man sal hiermee verskil).  24 November 2018 was een van die hoogtepunte in my lewe.  Ek en my twee broers en suster is saam oor Die Vlakte Marathon se FINISH!

 

Ek wil baie graag hê mense moet eendag op my begrafnis sê: "En sy het nooit van ander mense gepraat nie."  So ek het 'n doelbewuste besluit geneem om daarop te fokus; ek probeer hard om nie oor ander mense te praat nie.  So, as ek Vrydae-aande by die vuur sit, saam met my man, dan pak ek af by hom...Dis my man.  Dis my veilige plek.  Iewers moet 'n mens afpak.

 

Dit is 'n leuen.  Regularity brings intimacy.  Dit is waaraan jy jou tyd bestee, dit is waarmee jy danig gaan wees.  Ek het my lewe gevul met oefen, dus het ek my doel bereik.  Om oor ander mense te praat...wat is die doel?

 

Nou praat ons eerder oor ons eie dinge...see, sand, kos, kinders en "eendag as ons groot is" drome...want dit is ons doel.  So ons vul ons roetine, sosiale lewe, gebede, Google 'searches', Pinterest 'searches', gesprekke en finansies met die dinge wat ons wil bereik.  Nie met onbenullige gesprekke wat jou danig maak met goed waarmee jy nie danig wil wees nie.  Ek en my buurvrou het nou die dag sit en praat oor: geld.  Ewe skielik onthou ek...En ek sê vir haar: "Regularity bring intimacy".  Kom ons praat eerder oor ons lekker huise en gesonde kinders.

 

Dit waaraan jy gereeld tyd bestee, daarmee sal jy intiem wees.  Dit is 'n daaglikse/uurlikse besluit wat ek moet neem.

 

 

 Meer oor Janneke:

 

This is me!  Ek is 'n vrou vol passie vir God.  Ek is getroud, het drie kinders en ek is 'n onderwyser.  Ek is 'n Karookind en die jongste van ses kinders.  

 

Ek is mal oor mense en hul stories en is mal oor praat.  Wat eet julle vanaand?  Wat doen julle op Sondag?  Het jou ma gewerk toe jy op skool was?  Skree jy op jou kinders?  Dit is my tipe vrae.

 

Ek is kreatief, maar ek wil net nie iets maak nie.  So ek weet waar jy jou skildery moet hang, hoe sy raam moet lyk en of jy dit vir die tuinman moet gee, maar ek wil dit net nie skilder nie.

 

Ek wil met almal deel, die dinge wat my hoop gee, my opgewonde maak en my laat lag.

 

Please reload

©2018 by plattelandse-hart. Proudly created with Wix.com

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now