Hoe om "Culottes" te dra

November 19, 2018

Ek onthou die eerste keer wat ek hierdie wyepyp broek in die winkels sien hang het.  Baie benoud oor die nuwe mode wat nou die winkels gaan oorrompel.  Dadelik het ek besluit om nie hierdie modegier te volg nie.  

 

Aangekom in Rome, Italië, het dit my net twee dae geduur voor ek self vir my so 'n nommertjie aangeskaf het bloot net om nie uit te voel nie.  Elke tweede Italiaanse godin het met 'n Culotte die strate van Rome deur gewals.  Ek kon my verkyk aan die manier hoe hulle elke mode met soveel flair dra.  So asof dit nog altyd daar was.  Natuurlik is meeste van die Italiaanse vroue petite en slank, wat help.  Tog het ek gou besef met 'n paar truuks is hierdie mode vir elke vrou beskore:

 

1.  Koop jou eerste Culotte in 'n donker kleur.  Veral die dames met die wyer heupe.  Dit is veiliger om met patrone bo te speel en by 'n donker kleur onder te hou.  Ek het vir my 'n donkergroen aangeskaf.  Swart is altyd 'n wenner, asook navy-blou.  Reg-af strepe kan ook werk, maar los daardie waaghalsigheid eers vir later.

 

2.  Steek jou bostuk in.  Of jy nou 'n themp of bloes dra, steek hom verkieslik in.  Die wat so 'n effense magie het, kan 'n lospassende themp ook insteek met plooie wat die magie effens verbloem.  Omdat die culotte baie voue het, kan 'n hemp wat oorhang net te veel wees.  Tensy jy 'n culotte dra wat baie noupassend is en niks plooie het nie.

 

3. Die tekstuur van die lap asook snit maak 'n groot verskil.  Pas aan en kyk wat jou figuur die beste komplimenteer.  As jy effens geset aan die onderkant is, soek 'n snit wat gladder is en 'n materiaal wat "stewiger" is.  Jy kry die meer noupyp snit en dan die bekende wyepyp een.  Sommiges knoop aan die voorkant en ander is glad afgewerk.  

 

4.  Watter skoene dra jy daarby?  Alhoewel sommiges wegkom met plat skoene, verkies ek iets met meer hoogte by die culottes.  Vir werk of 'n meer formele geleentheid, is hakskoene 'n wenner.  Vir die wat nie elke dag in Rome se strate wandel nie, is die flatform of espadril die ideale keuse.

 

Maak nie saak wat jou mode styl is nie, daar is 'n Culotte daar buite vir jou. Hierdie is 'n modestyl wat ons nie gou gaan verlaat nie.

 

Gaan vind hom en dra hom met selfvertroue!

 

 

 

                                Photo credit: www. myps.com

                                 Source:  advicefromatwentysomething.com  and stayglam.com

                      

                                 Source: elle.com

 

                                 Source: justanotherfashionblog.com   afashionlines.tumblr.com

 

                                Source:  rover.ebay.com   picktoks.com

 

 

Vir nog idees:  https://za.pinterest.com/plattelandsehart/culottes/

 

 

 

Source list: 

@nena_kay_ 

www.stayglam.com

advicefromatwentysomething.com

 

 

 

Please reload

©2018 by plattelandse-hart. Proudly created with Wix.com

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now