Empatie

August 3, 2018

 

 

Jou vriendin kom na jou toe om haar nuutste pyn met jou te deel. Jy luister fyn. Net om weer dit weg te vee met, "Ek weet hoe jy voel" Dan word dit vervolg deur jou eie strydverhaal. Dit is nou die kere wat jy nie enige slim raad of opinies het nie.  Jy loop 'n vriendin raak in die straat en vra hoe dit gaan. "Nie goed nie" en skielik is daar 'n sekond se stilte voor die onderwerp verander word. 

 

Jy weet jou vriendin voer 'n stryd. Jy weet nie regtig presies hoe erg haar stryd is nie, maar kan dit in haar oë sien.  Nogtans vermy jy die een vraag. Jy het te veel van jou eie probleme en het nie nou tyd om vrae te vra nie. Sy het jou dalk net mooi daai oomblik nodig gehad.

 

Ek gesels met 'n hartsvriendin van my wat al baie meer moes veg in die lewe as wat ek ooit het.  'n Vriendin wie elke dag 'n stille stryd voer waarvan baie nie weet nie.  Ek deel met haar my eie seerkry.  Hoe nabye vriendinne my die laaste tyd met hul woorde asook stilswye seergemaak het toe ek hulle die meeste nodig gehad het.  Ons kom tot die besef dat op die ou einde jy nuwe vriendinne vorm juis oor hierdie nuwe vriendinne jou emosies beter verstaan.  Ander mammas wat iets met jou in gemeen het.  

 

Empatie.  Ek gaan lees toe meer oor hierdie rare verskynsel.  Betekenis: Die vermoë om die gevoel van ander te verstaan en daarin te deel.  Die engelse weergawe "empathy" kom van die Griekse woord "empatheia": "em" beteken "in" en "pathos" beteken "feeling".  

 

Deernis en empatie loop hand aan hand.  Navorsing toon dat net 10% van dit kan toegeskryf word aan gene.  Dit beteken dat 90% van mense se vermoëns om te erken en reageer op ander se gevoelens en behoeftes, toegeskryf kan word aan sosiale faktore soos opvoeding en omgewing.  Volgens navorsing het die manlike geslag ook minder empatie as die vroulike geslag.  Is enigiemand verbaas? (ons moet darem grappies ook kan maak)

 

Watter faktore vorm Empatie? Greater Good Magazine het 'n vraelys uitgestuur wat ingevul is deur 182,000 individue.  Deur hierdie vraelys te analiseer is die volgende gevolgtrekkings gemaak. (Lees meer hieroor op die Greater Good Magazine blad).  Daar is twee soorte empatie: Affektiewe- en Kognitiewe empatie.  Dit is die Kognitiewe soort wat geaffekteer word deur elke dag se gevoelens, denkwyse, geloof, besluite en gedrag.

 

Die vraelys is opgestel om beide soorte empatie te dek en het vrae bevat soos: "Ek kry 'n behoefte om ander te help wanneer ek sien iemand is ontsteld." "Voor ek iemand kritiseer, probeer ek myself kry om te dink hoe ek sou voel as ek in haar/sy posisie was."  Resultate het getoon dat daar taamlik hoë faktore van empatie is, maar dat die meeste lesers meer affektiewe empatie besit as kognitiewe empatie.  Dit beteken dat mense geneig is om eerder in te skakel en 'n ander persoon se emosies te toonbeeld as die bereidwilligheid om te verstaan waar ander vandaan kom.  Soos die oomblik toe jy vinnig in die straat gereageer het met ek is jammer en aanbeweeg het.

 

Wat my die meeste getref het was die volgende.  Die studie het ook getoon dat liberale denkers meer empatie toon as konserwatiewe denkers.  Volgens hierdie navorsing vind liberale denkers kommer, regverdigheid en koestering meer belangrik terwyl konserwatiewe denkers se prioriteite lê by lojaliteit, tradisie en morele suiwerheid.   Hierdie het my die meeste getref en tog my nie verras nie.  Dan wonder ons waarom mense gedurende swaarkry wegkeer van hul tradisionele kerke?  Dan wonder ons hoekom mense in swaarkry wegkeer van hul meer tradisionele en kritiese vriende?  Dan wonder ons hoekom mense in swaarkry rebeleer teen hoofstroom skole en stelsels?

 

Konserwatief beteken: Sku vir verandering en innovasie.  Behou tradisionele waardes.  Ek was daai persoon of ma.  Die een wat gedink het ADHD is net stout.  Die een wat gedink het Outisme is 'n gestremdheid.  Die een wat geglo het daar is net een middeweg en dit is die hoofweg.  Net een stroom en dit is die hoofstroom.  Die een wat nie buigbaar was nie. 

 

Ek was ook in 'n gemaksone besef ek nou.  Konserwatief is gemaklik.  Dit is wanneer jy uit jou gemaksone geruk word.  Wanneer jy geen ander keuse het nie.  Wanneer die konserwatiewes jou seermaak met woorde en kritiek.  Wanneer jou kind ongelukkig is.  Dan bereik jy die keerpunt en leer 'n nuwe denkwyse aan.  Wanneer jy eers hierdie keerpunt bereik het, kan jy ook meer empatie toon.  Dan kan jy 'n ander ma se noodkreet hoor.  Dan kan jy teen die stroom swem.  Ander ma's bemoedig of selfs soms net bystaan. 

 

Miskien moet ons minder dink en meer doen.  Minder ons vasstaar in ons denkwyse en onsself plaas in ander se skoene.  Ek eindig met die volgende van Brene Brown: "Empathy is a choice, and it's a vulnerable choice.  In order to connect with you, I have to connect with something in myself that know that feeling."  

 

My gunsteling empatie aanhalings:

 

1.  The highest form of knowledge is empathy, for it requires us to suspend our egos and live in another world.  It requires profound purpose larger than the self kind of understanding - Bill Bullard

 

2.  Empathy is about finding echos of another person in yourself - Mohsin Namid

 

3.  I believe empathy is the most essential quality of civilization - Roger Ebert

 

4.  Empathy is really the opposite of spiritual meanness,  It's the capacity to understand that every war is both won and lost.  And that someone else's pain is as meaningful as your own - Barbare Kingsolver.

 

5.  Empathy is a choice.  it is a vulnerable choice.  In order to connect with you, I have to connect with something that knows that feeling - Brene Brown

 

6.  Real empathy is sometimes not insisting that it will be okay but acknowledging that it is not - Sheryl Sandberg

 

7.  Empathy is communicating that incredibly healing message of, "You're not alone." - Brene Brown

 

8.  Compassion is not a virtue - it is a commitment.  It's not something we have or don't have - it's a something we choose to practice - Brene Brown

 

9.  Opinion is really the lowest form of human knowledge.  It requires no accountability, no understanding.  The highest form of knowledge is empathy, for it requires us to suspend our egos and live in another's world.  It requires profound purpose larger than the self kind of understanding - Bill Bullard

 

10.  People will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel - Maya Angelou

 

 11.  Empathy: Let me hold the door for you.  I may have never walked a mile in your shoes, but I can see that your soles are worn and your strength is torn under the weight of a story I have never lived before.  So let me hold the door for you, after all you've walked through, it's the least I can do - Morgan Harper Nicols

 

Sien my Pinterest blad

 

 

 

 

 

Please reload

©2018 by plattelandse-hart. Proudly created with Wix.com

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now