Meer oor myself

My storie

Ek is gebore in die platteland. Gevorm in die platteland. My hart was nog altyd in die platteland. Vandag woon ek ook hier saam met my man en drie kinders. Ek is omring deur my familie en hartsvriende. Ek is nie een dag van my lewe verveeld nie. My passie vir dekor, styl, mode, kuns en organisering maak dat ek nooit verveeld is nie. Ons gemeenskap is gevul met talentvolle en interessante mense. Ek is omring met die skoonheid van die natuur. Die droom van my eie besigheid is bewaarheid toe ons saam met my ouers 'n gastehuis oorgeneem en uitgebrei het. 'n Plekkie waar ons saam ons liefde vir mooigoed kan uitleef. Ek leef met my hart op my mou. Die idees en kreatiwiteit is eindeloos. Ek deel my plattelandse hart graag met jou.

 

©2018 by plattelandse-hart. Proudly created with Wix.com

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now