AFRIKAANSE LEEFSTYL BLOG

PLATTELANDSE HART

My hart is in die platteland.  Waar die mense mekaar nog groet.  Waar almal tot mekaar verbind is. Waar kinders nog op grenslose grasperke kan baljaar, kan boom klim en kaalvoet skool toe gaan.  Waar die WIFI stadig is, maar die oor-en-weer kuiers volop. Waar ons mekaar kan vertrap asook mekaar oplig.  Hier leef ons eenvoudig nie omdat ons moet, maar omdat ons dit so verkies.


June 3, 2019

Dit is weer sulke tyd.  Vir my is dit die eerste.  Natuurlik het ek al baie eksamens geskryf, maar om een of ander rede was dit vir my baie minder stresvol as my kind se eksamen.  Seker omdat ek 'n ma gehad het wat vir my part gestres het.  Die kanse is goed, want ek w...

May 7, 2019

So maklik rig jy jou oë op ander se lewens en lyk alles blinker en groener aan hul kant.  Kyk hoe maer is Sannie en ek moet swoeg en sweet net om 'n kilogram af te skud.  Marie het weer 'n nuwe kar.  Lettie bou 'n nuwe huis.  Katryn se kinders blink in alles uit....

‘n Ruk gelede het ek vir my pa gesê ons hou die weer dop voor ons, ons vakansie-planne finaliseer.  Sy antwoord was: “Nee, my kind! As die weer slaan, slaan terug. As die dag breek, maak hom heel. As die pad doodloop, begrawe hom.” 
Is ek net té nostalgies? Dis vi...

February 22, 2019

Dit is daardie tyd van die jaar.  Almal koop kalenders; memo borde word opgesit; ons gebruik Google-kalender; kraakvars dagboeke word oopgemaak; kinders begin skool met splinternuwe skryfbehoeftes, nuwe tasse en nuwe boeke; gesinne gaan sit om die tafel om die daagliks...

February 6, 2019

Rome

Dag 1:

Land in Rome rondom 11:00.  Ons het op 'n Sondag geland, wat beteken dat ons eintlik toe 'n hele dag verloor aangesien al die katedrale en sommige piazzas gesluit is. 

Ons het 'n taxi vooraf gereël deur www.booking.com se Rideaways wat op tyd was en vir o...

February 5, 2019

Regularity = Gereedheid

Intimacy = Danigheid

Ek het hierdie jaar my eerste vol marathon gehardloop.  Vir 25 weke was dit wat ek gedoen het, ek het voorberei.  My roetine, my sosiale lewe, my gebede, my Google 'searches', my Pinterest 'searches', my gesprekke en my finans...

December 4, 2018

Ons besluit ons gaan Italië toe.  Ek is glad nie 'n gereelde reisiger nie, maar ek kan beplan.  Lysies word gemaak.  Ek besoek vriendinne wat gereeld toer.  Maak notas.  Verorber al wat artikel is.  Ons beplan toe ons 3 weke lange reis as volg:

November 28, 2018

My kind is gediagnoseer. Wat nou? Dit is hoe ek dit hanteer het.

November 19, 2018

Ek onthou die eerste keer wat ek hierdie wyepyp broek in die winkels sien hang het.  Baie benoud oor die nuwe mode wat nou die winkels gaan oorrompel.  Dadelik het ek besluit om nie hierdie modegier te volg nie.  

Aangekom in Rome, Italië, het dit my net...

November 8, 2018

Een nag het ek ’n droom gehad.
Ek het gedroom dat ek op die strand loop
en gebeure uit my verlede het voor my afgespeel.
In elke toneel het ek twee rye voetspore in die sand gesien:
myne en die Here Jesus s’n.
Toe die laaste toneel voor my afspeel‚
het ek teruggekyk na...

Please reload

Gesels met my

Voortrekstraat, Swellendam, 6740

©2018 by plattelandse-hart. Proudly created with Wix.com

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now